Erongo-polisie arresteer vrou met meer as 1 000 Mandrax-tabletteOctober 29, 2025
Die Erongo-polisie in Walvisbaai het nog ‘n dwelm-deurbraak gemaak toe hulle ‘n vrou in hegtenis geneem het wat na bewering dwelms vir ‘n bekende dwelmbaas, wat tans in aanhouding is, wegsteek. Die polisie het inligting bekom en Dinsdag by ‘n huis in Kwilimbastraat toegeslaan. Hulle het op 1 070 vol Mandrax-tablette ter waarde van 128 400 Namibiese dollar beslag gelê. Die 38-jarige vrou is gearresteer en sal môre in die Walvisbaai landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.