GRN skaf 20 Prado’s aan teen N$1,2m elkOctober 29, 2025
Die vervoerministerie het die verkryging van 20 Toyota Land Cruiser Prado-voertuie ter waarde van 24,65 miljoen Namibiese dollar vir openbare ampsdraers onder die regering se voertuigvervangingsbeleid bevestig. Minister Veikko Nekundi, sê dat die verkrygingsproses gelei word deur ‘n gevestigde beleidsraamwerk. Regeringsvoertuie bly vir vyf jaar of 120 000 kilometer in diens, waarna hulle opgeveil word. Die Prado’s is aangeskaf teen 1,2 miljoen dollar elk. Nekundi het die keuse van die Prado verdedig en die duursaamheid, veiligheid, streeksdiensdekking en laer lewensiklusonderhoudskoste as belangrike oorwegings genoem.