Oranjemund-paartjie in plas bloed in straat gevindOctober 29, 2025

‘n Verbyganger het in die vroeë oggendure vandag op ‘n grusame toneel in Oranjemund afgekom. Volgens die polisieverslag het die persoon omstreeks tien-oor-twee in Bagdad-township ‘n man en ‘n vrou in ‘n plas bloed in die straat aangetref, met ‘n vuurwapen tussen hulle. Die paartjie het na bewering ‘n bekende geskiedenis van huishoudelike geweld. Die vrou, die 31-jarige Lizetha Kinda, was vier maande swanger. Die man is geïdentifiseer as die 54-jarige Willem Jan Johannes Januarie. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, saamgelees met die wet op huishoudelike geweld, en ‘n geregtelike doodsondersoek na ‘n geval van selfmoord met ‘n vuurwapen sal gedoen word.