Russiese straatmusikant het weermag met lied gediskrediteerOctober 29, 2025

‘n 18-jarige Russiese straatmusikant wat vroeër vandeesmaand vir byna twee weke tronk toe gestuur is vir die speel van ‘n verbode anti-Kremlin-liedjie, is Dinsdag skuldig bevind aan die diskreditering van die Russiese leër en ‘n boete van 30 000 roebels, amper 6 400 Namibiese dollar, opgelê. Diana Loginova, ‘n musiekstudent wat onder die naam Naoko saam met haar orkes Stoptime optree, is op 15 Oktober in hegtenis geneem nadat haar uitvoering van die gewilde liedjie “Swan Lake Cooperative” deur die verbanne Russiese rapper Noize MC viraal gegaan het op Russiese sosiale media.