Slagkapasiteit moet verbeter vir internasionale marktoegangOctober 29, 2025
China het belangstelling getoon om tot 20 000 ton beesvleis uit Namibië elke maand in te voer, meer as dubbel die land se huidige jaarlikse uitvoere na die Europese Unie, wat ongeveer 8 000 ton beloop. Daar is kommer omdat Namibië se beperkte produksiekapasiteit ‘n groot struikelblok bly om aan sulke vraag te voldoen. Uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkings, Ndiitah Nghipondoka-Robiati sê dit is uiters belangrik om kapasiteit te verhoog om ten volle voordeel te trek uit die land se toegang tot internasionale markte.