Agribank se saak teen Deodat Beukes weer in die hofOctober 30, 2025

Agribank se saak teen die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging Deodat Beukes en sy vrou Annetha kom weer vandag voor regter Thomas Masuku voor vir ‘n voorverhoor konferensie. Die bank eis net minder as 276 000 Namibiese dollar vir ‘n 2004-lening van 266 500 dollar om porsie een van plaas Neckartal in die Suide te koop. Die bank sê betalings is nie gemaak nie. Vandag sal die kwessies wat in die verhoor betwis word, waaronder die ooreenkoms self, bespreek word.