Derde termyn: Trump wil aandag op hom vestig meen kennersOctober 30, 2025
Sal hy of sal hy nie? President Donald Trump hou aan met aanmerkings dat hy sal staan in 2028 en dan maak hy ‘n ommekeer en sê hy weet hy kan nie. Die Grondwet laat dit nie toe nie. Luister na Speaker Mike Johnson.
Maar, pette is reeds gemaak en Trump-bondgenoot Steve Bannon hou vol daar is ‘n plan.
Ontleders meen enigiets is moontlik maar, wat nou pertinent is, is dat Trump poog om die aandag op hom te vestig anders is hy net ‘n tweede termyn president en die fokus verskuif na sy opvolger.