Euro-verpligting is betaal, maar 40% van die skuld blyOctober 30, 2025
Namibië het amptelik sy Euro-verpligting van 750 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Rondom 6 miljard Namibiese dollar, sowat 40 persent van die skuld, is geleen van plaaslike banke wat ‘n impak kan hê op privaatsektor kredietverlening. Die Cirrus ekonoom Robert McGregor verduidelik.
Hy sê die bepalings van die lenings deur die banke is nie bekend nie.