Fed verlaag koers met 25 basispunteOctober 30, 2025
Die Amerikaanse Federale Reserweraad het ‘n rentekoersverlaging van 25 basispunte aangekonding terwyl inflasievrese aan die agterspeen suip teenoor die stagnerende arbeidsmark. Ekonome sê die verlaging kom ten spyte van die Amerikaanse regering se sluiting wat amptelike data vertraag het en sentrale bankiers “blind laat vlieg” het oor die arbeidsmark. Die repokoers is nou tussen 3,75 en 4 persent. Die Fed het verlede maand rentekoerse vir die eerste keer sedert verlede Desember verlaag. Twee stemgeregtigde lede van die Fed se komitee het Woensdag die sentrale bank se besluit teengestaan. Hoe laer die Amerikaanse koers, hoe swakker die vraag na die Amerikaanse dollar.