Krieket Australië steeds in finansiële knypOctober 30, 2025

Krieket: Indië se besoek vir ‘n reeks van vyf toetse het nie Krieket Australië se finansiële probleme verbeter nie. Die beheerliggaam het ‘n netto verlies van meer as 124-miljoen Namibiese dollar vir die vorige finansiële jaar aangekondig. Dit is steeds heelwat minder as die vorige jaar. Die voorsitter van Krieket Victoria, Ross Hepburn, het die nasionale liggaam tydens die jaarlikse algemene vergadering gekritiseer en gesê die situasie heers van voor die Covid-19-pandemie af. Die uitvoerende hoof van Krieket Australië, Todd Greenberg, is baie optimisties oor die huidige agt witbalwedstryde teen Indië en die reeks om die As teen Engeland.