Namibië Lugvaatweek Afrika in 2026 aanOctober 30, 2025

Namibië sal in April volgende jaar die eerste Lugvaartweek Afrika ooit aanbied. Volgens wat berig word is dit ‘n driedaagse geleentheid wat fokus op die bevordering van volhoubare groei in die lugvaartsektor. Die inisiatief is daarop gemik om samewerking tussen Namibië en Zambië, waar dit ontstaan het, en regoor die Afrika-kontinent te versterk. Toska Sem, uitvoerende hoof van die Burgerlugvaartowerheid het veiligheid en die bevordering van vroue in lugvaart as sleutelprioriteite beklemtoon. Die geleentheid sal toonaangewende rolspelers in die bedryf van regoor Afrika bymekaarbring.