Namibiërs brand die pad in Nedbank Gravel Burn bergfietstoerOctober 30, 2025

Namibiese fietsryers vaar goed in die Nedbank Gravel Burn bergfietstoer in die Wes-Kaap, wat behels dat bykans 800 kilometer in sewe dae in skofte afgelê word. Na Woensdag se vierde skof is Alex Miller en Martin Freyer onderskeidelik 18de en 19de in die professionele mansresies se algehele klassifikasie. In die mans 19 tot 34 jaar-kategorie is Drikus Coetzee los voor, meer as ‘n uur voor sy naaste teenstander. Melissa Hinz lei die vroue 40 tot 44 jaar-kategorie met meer as 23 minute. In die mansresies vir 40 tot 44 jaar is Ingram Cuff derde, terwyl die meestersryer Frank Snyman ook derde lê in die mans 60 tot 64-kategorie. Die wedren het in Knysna begin en eindig Saterdag by die Shamwari privaat-wildreservaat sowat 75km buite Gqeberha in die Oos-Kaap.