Orkaan Melissa saai verwoestingOctober 30, 2025

Orkaan Melissa het verswak na ‘n kategorie-2 storm met winde van 160km/h nadat dit verwoesting oor die ooste van Kuba en die Bahamas gesaai het, en was laat Woensdagaand op pad na Bermuda. Die orkaan het teen 24km/h beweeg en die verwagting was dat die spoed sou optel. Intussen het Jamaika se eerste minister, Andrew Holness, op X gesê dat geen sterftes sover aangemeld is nie, maar die elektrisiteit en telefoonverbindings was steeds af. Inligting vanaf Kuba was ook skraps, maar woonbuurte in Santiago de Cuba, waar Melissa geland het, was oorstroom. Amerika en Brittanje is volgens berigte besig om hulp na die geaffekteerde gebiede te stuur.