Protea-vroue haal eerste keer Wêreldbeker-eindstrydOctober 30, 2025

In krieketnuus het die Protea-vroue geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer vir die Wêreldbeker vir vroue se eindstryd te kwalifiseer. Hulle het Engeland in hul semifinaal met 125 lopies geklop. Kaptein Laura Wolfaardt was die speler van die wedstryd na haar kolfvertoning van 169 lopies van 143 balle, terwyl bouler Marizanne Kapp vyf paaltjies laat kantel het vir 20 lopies in sewe boulbeurte. Die Protea-vroue het 319 vir sewe in 50 boulbeurte aangeteken, terwyl Engeland net 194 lopies kon aanteken voordat hulle uitgeboul is in 42-en-‘n-half boulbeurte.