Selfmoord in media-dialoog onder die loepOctober 30, 2025
Selfmoord bly ‘n wesenlike uitdaging in die land en ‘n media-dialoog is in die hoofstad aan die gang wat daarop gemik is om ondersoek in te stel oor hoe mediaberiggewing selfmoordtendense in Namibië beïnvloed. Daar word beaam dat rapportering die risiko om selfmoord te pleeg kan verhoog. In die vorige boekjaar, het 475 mense in die land, oorwegend mans, selfmoord gepleeg. Dit is meer as een daagliks. Die jongste syfers toon dat Lesotho die hoogste selfmoord syfer op die vasteland het, op amper 29 per 100 000 mense. Namibië het ‘n koers van amper 9 per 100 000.