TransNamib-verkryging onder die loep in hofOctober 30, 2025
Quartile Investment se saak teen TransNamib was vandag in die hof en kwessies van vertroulike inligting is onder die loep, met TransNamib wat nie sy verkrygingsdokumente wil openbaar nie. Quartile vra die hof om te keer dat TransNamib RedForce aanstel as skuldinvorderaar en ook dat die verkryging wat deur die wet op openbare verkryging gedoen is, ter syde gestel word. TransNamib het in April vanjaar die tender uitgesit. Quartile vra ook vir die maatskappy se volle verkrygingsbeleid. Regter Thomas Masuku hoor die saak aan wat voorgekom het vir ‘n statusverhoor.