Gesondheid stort mediese afvalOctober 31, 2025
The Namibian berig dat die gesondheidsministerie mediese afval stort in ‘n rivierbedding in Windhoek Wes, naby Sentrale Hopsitaal. Die publikasie sê prostese, baba-broeikaste, toiletpotte en selfs amptelike dokumente met die ministerie se briefhoof, fakture, en eisforms van die Katutura-hospitaal is ook gestort. Die woordvoerder Walters Kamaya wag vir terugvoering van die betrokke departement en het geen kommentaar gelewer nie. Stad Windhoek-woordvoerder Lydia Amutenya sê dit is onwettig. Mediese afval is uiters gevaarlik en duur om te hanteer.