GRN se balansstaat lyk nie goed nieOctober 31, 2025

Namibië leen meer as twee keer so vinnig as wat hy groei, en voeg elke jaar tussen 8 miljard en 10 miljard Namibiese dollar in nuwe skuld by, terwyl die invloei van direkte buitelandse beleggings aanhou daal. In ‘n ontleding sê Simonis Storm ekonoom, Almandro Jansen, die land versamel nou meer skuld per kwartaal as wat dit in buitelandse beleggings ontvang, wat dui op ‘n groeiende strukturele wanbalans in die ekonomie. Openbare skuld sal na verwagting teen die volgende boekjaar 170 miljard dollar bereik. Volgens die Bank van Namibië het die invloei van direkte buitelandse beleggings in die tweede kwartaal van 2025 tot 6,8 miljard dollar gedaal, af van 12,7 miljard dollar in die eerste kwartaal, namate oliemaatskappye aandele-inspuitings verminder het en van eksplorasie na waardasie oorgeskakel het.