Mac Hengari se DNS-toetse is voltooi, oorhandigOctober 31, 2025
Die Namibiese polisie het bevestig dat DNS-toetse in die verkragtingsaak teen oudlandbouminister Mac Hengari voltooi is maar, nie geopenbaar sal word nie. Volgens die adjunk-inspekteur-generaal Elias Mutota het die staat reeds die uitslae ontvang maar dit sal eers tydens Hengari se verhoor bekend gemaak word. Die saak handel oor ‘n klag van verkragting wat teen Hengari gemaak is. Hy het die vrou blykbaar in 2022 verkrag en ‘n kind by haar gehad. Intussen sal sy verhoor vir korrupsie en omkopery op 14 November voortgaan met ‘n besluit deur die aanklaer-generaal wat verwag word.