Rondom N$30,5 miljoen in mosiehof geëisOctober 31, 2025

Regters Esi Schimming Chase en Nate Ndauendapo het vanoggend se mosiehof sessies hanteer met 84 aansoeke vir verstekvonnisse waaronder ses op die reël 108-rol was. Banke het 37 van die aansoeke gebring en eis twee voertuie terug. Daar is ook 21 lenings met uitstaande skuld van 9,1 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is en 14 eiendomme word opgeëis met ‘n skuldlas van 21,4 miljoen dollar. In Maandag se sessie hanteer Ndauendapo 39 onverdedigde egskeidings.