Rundu steier onder skuld van N$588mOctober 31, 2025

Rundu is die tweede grootste stedelike gebied naas Windhoek met amper 119 000 inwoners. Maar, die dorpsraad gaan gebuk onder skuld omdat inwoners nie hulle munisipale rekenings betaal nie. Die uitvoerende hoof, Olavi Nathanael, sê hulle word tans 588 miljoen Namibiese dollar geskuld met die syfer wat in Junie vanjaar bereik is. Hy voeg by skuld groei jaarliks met ongeveer 500 miljoen dollar terwyl die dorpsraad self, nie sy rekeninge kan betaal nie. Rundu skuld NamWater 300 miljoen dollar. Nathanael sê dienslewering word lamgelê.