Trump-administrasie loop deur oor voorkeur aan wit SA immigranteOctober 31, 2025
President Donald Trump van Amerika se administrasie word gekritiseer oor sy besluit om die getal vlugtelinge na die land tot 7 500 per jaar te beperk. Dié syfer was verlede jaar 125 000 onder oudpresident Joe Biden. Trump sê wit Afrikaners uit Suid-Afrika en ander slagoffers van onwettige en onregverdige diskriminasie sal voorkeur kry. Die Internasionale Vlugtelinghulp-projek sê die administrasie verpolitiseer ‘n humanitêre program deur voorkeur te gee aan Afrikaners terwyl duisende vlugtelinge wat alreeds goedgekeur is, verban word.