Vroue-wêreldbeker: Dis Indië teen SAOctober 31, 2025
Nog geskiedenis is gemaak in die tweede semifinaal van die Wêreldbeker vir vroue toe mede-gasvrou Indië die verdedigende kampioen, Australië, in Mumbai met vyf paaltjies geklop het. Indië het ‘n reuse-telling van 339 gejaag en 341 vir vier aangeteken met nog nege balle oor. Dit was die hoogste wenteiken ooit in vroue-eendagwedstryde. Jemimah Rodrigues het 127 nie-uit-nie van 134 balle aangeteken, bygestaan deur Harmanpreet Kaur se 89 lopies van 88 balle. Vir Australië was Phoebe Lichfield se 119 van 93 balle die hoogtepunt. Indië kom Sondag in die eindstryd te staan teen Suid-Afrika.