Gesondheid ondersoek voorval by Ndama-kliniekNovember 1, 2025
Die gesondheidsministerie het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná die Ndama-kliniek op Rundu Donderdag geweier het om ‘n graad 1-leerder te behandel omdat die kliniek se voorraad gesondheidspaspoorte op was. Personeel by die kliniek het ook nagelaat om amptelik gestempelde velle papier te gebruik wat as ‘n tydelike gesondheidpaspoort kon dien. In ‘n verklaring sê die ministerie 200 paspoorte is intussen na die kliniek gestuur is. Die leerder het ook mediese behandeling ontvang.