Landdroste dreig met gedeeltelike stakingNovember 1, 2025

Landdroste in Namibië dreig om Woensdag met ‘n gedeeltelike staking van hul werk te begin omdat die justisieministerie sloer met die aanpassing van hul behuisings- en vervoertoelae. Die voortslepende geskil duur reeds twee jaar. Alle siviele gedinge en mosies wat in landdroshowe teengestaan word, sal opgeskort word, terwyl kriminele verhore en borgaansoeke in landdros- en streekshowe ook tot stilstand geruk word.