Regering prakseer nuwe waterplanNovember 1, 2025

Die regering gaan ‘n omvattende en volhoubare plan implementeer om probleme met waterverskaffing in veral die landelike gebiede, maar ook toenemend in stedelike areas, op te los. ‘n Holistiese benadering gaan in die kort-, medium- en langtermyn gevolg word, waarby NamWater, NamPower, asook die landbou- en waterministerie betrokke sal wees, sê die uitvoerende direkteur van die ministerie, Teofilus Nghitila. Dit sluit onder meer nóg pyplyne, damme en boorgate in.