SA polisie sukkel, maar BBP’s voorgetrekNovember 1, 2025
Die Activists and Citizens Forum sê die regering bestee miljoene aan BBP-beskerming terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ballistiese afdeling sukkel met ‘n ernstige personeeltekort. Dit volg nadat die ballistiese hoof van die Polisie, Mishak Mkhabela, die Madlanga-kommissie meegedel het die afdeling het slegs 42 ontleders, wat vertragings in vuurwapenontledings en hofsake veroorsaak. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, doen ‘n beroep op politieke leiers en die regering van nasionale eenheid om openbare veiligheid bo hul eie belange te plaas.