Sokker: Liverpool is nederlaagkrisisNovember 1, 2025

Liverpool se afrigter, Arne Slot, sê sy span moenie ‘n gewoonte maak om wedstryde te verloor wat hulle behoort te wen nie. Die Premierliga-kampioen verkeer in ‘n krisis na ses nederlae in sy laaste sewe wedstryde. Hulle speel vandag op Anfield teen Aston Villa nadat Crystal Palace hulle ook dié week uit die Ligabeker geskakel het. Slot is gekritiseer oor sy besluit om ‘n onervare span te kies wat toe 3-0 verloor het, maar hy het weereens die noodsaaklikheid verdedig om sy sleutelspelers ruskans te gee.