Toetsrugby: Dit gaan ‘n besige Saterdag wees!November 1, 2025
‘n Volgepakte toetsdagboek wag vandag op liefhebbers. Die Springbokke pak Japan net na ses vanaand op die Wembley-stadion in Londen. ‘n Uur vroeër draf Engeland en Australië op die veld op Twickenham, terwyl Skotland en Amerika later op Murrayfield in Edinburgh sal meeding. Ierland en die All Blacks pak mekaar net na tien in Chicago, Amerika. Die aksie begin net na drieuur vanmiddag tussen ‘n Barbarians-span volgepak met Suid-Afrikaners en ‘n All Blacks-vyftiental, ook in Londen.