Vrouekrieket: Gaan Proteas R77,6m huis toe bring?November 1, 2025
‘n Reuse 77,6 miljoen rand is op die spel vir die wenner van môre se Wêreldbekereindstryd tussen Suid-Afrika en die mede-gasvrou, Indië, in Mumbai. Die verloorspan sal ‘n stewige 38,8 miljoen rand verdien. Vanjaar se algehele prysgeld van 240,7 miljoen rand is 297 persent meer as in die vorige toernooi in Nieu-Seeland in 2022. Die president van die Internasionale Krieketraad, Jay Shah, sê die groot verhoging is ‘n bepalende mylpaal in die ontwikkeling van vrouekrieket.