Nege sterf in vertrapping by Hindoe-tempelNovember 2, 2025
Nege mense is dood in ‘n stormloop by ‘n gewilde Hindoe-tempel in die suide van Indië. Volgens die owerhede is tientalle ander beseer tydens die voorval by die Swamy Venkateswara-tempel waar duisende mense vergader het om ‘n heilige dag op die Hindoe-kalender te gedenk. Die tempel kan slegs 3 000 mense huisves, maar ‘n skare van nagenoeg 25 000 was Saterdag teenwoordig. ‘n Aanvanklike ondersoek het bevind die ysterheining wat die skare by die tempel moes beheer, het gebreek toe mense probeer inkom het.