Rugby: Springbokke vandag ses jaar wêreldkampioenNovember 2, 2025
Die Springbokke is vandag presies ses jaar lank die wêreldkampioen. Suid-Afrika het Engeland op hierdie dag in 2019, 32-12 verpletter in die Wêreldbeker-eindstryd in Tokio, Japan, om die Webb Ellis-trofee die derde keer te verower. Dit is opgevolg met ‘n oorwinning met ‘n enkele punt oor die aartsvyand, die All Blacks, in 2023 se eindstryd in Parys nadat die Bokke die gasheer, Frankryk, en Engeland in die vroeëre uitklopwedstryde geklop het. Die Bokke sal hul titel minstens tot 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië behou.