Talle ernstige beseer in mesaanval op Cambridge-treinNovember 2, 2025
Tien mense word vir lewensgevaarlike beserings behandel ná twee mans Saterdag passasiers op ‘n trein naby naby Cambridge in oostelike Engeland met messe aangeval het. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en die hulp van die Britse teenterrorismepolisie is ingeroep. Die motief vir die aanval is onbekend. Brittanje se eerste minister Keir Starmer het die voorval as afskuwelik veroordeel.