Trump se militêre visier nou op NigeriëNovember 2, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om aanvalle in Nigerië uit te voer in reaksie op beweerde anti-Christelike geweld en gesê hy het departement van oorlog beopdrag om “voor te berei vir moontlike optrede”. In ‘n plasing op sosiale media Saterdag het Trump gesê Amerika sal onmiddellik alle hulp aan die Afrikaland staak “as die Nigeriese regering voortgaan om die doodmaak van Christene toe te laat”. ‘n Paar uur voor Trump se dreigement het die Nigeriese president Bola Ahmed Tinubu ‘n verklaring uitgereik waarin hy beklemtoon dat sy regering “voortgaan om veiligheidsuitdagings aan te spreek wat burgers oor verskillende gelowe en streke heen raak”.