Kosprodusente moet beter pryse kry: SchlettweinNovember 21, 2023

Die PDM party-lid, Diederik Vries, het ‘n mosie oor voedselsekuriteit in die Nasionale Vergadering voorgelees. Volgens Vries ly ‘n groot aantal Namibiërs honger en die regering moet daadwerklik iets daaraan doen. Calle Schlettwein, die minister van landbou, het daarop reageer en bygevoeg die regering sal die begroting moet vermeerder en ook na die invoermark moet kyk sodat boere beter pryse vir hul produkte kan kry.