Oscar sal waarskynlik Vrydag parool kryNovember 22, 2023

Oscar Pistorius word vandag 37 en die kanse is goed dat dit sy laaste verjaarsdag agter tralies sal wees. Die voormalige Paralimpiese kampioen verskyn Vrydag voor ‘n Paroolraad nadat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria in 2013. Hy is sedert 2016 in aanhouding. Tydens Pistorius se vorige paroolaansoek in Maart was daar twyfel oor die aanvangsdatum van sy vonnis, maar die Konstitusionele Hof het verlede maand beslis hy kom wel in aanmerking vir parool. Reeva se ma June het reeds aangedui sy sal nie sy parool teenstaan nie.