Tante verskyn na dood van niggie, 2November 23, 2023
Die polisie in die Omusati-streek sê ‘n 40-jarige vrou sal vandag in die hof in Outapi verskyn ná die dood van haar tweejarige niggie by die Okafitukakuni-nedersetting. Die vrou het na bewering die dogtertjie met ‘n droë palmtak aangerand. Die kind se arm is gebreek en sy was bewusteloos. Maar, sê die polisie, die tante het haar eers vier ure later kliniek toe geneem waar sy dood verklaar is. Die vrou word van moord aangekla.