Eskom is nie deursigtig met beurtkragfases nieNovember 28, 2023

Die DA het inligting van Eskom se stelsel-operateur versoek oor beweerde misleidende beurtkragskedules. Die party bevraagteken Eskom se voldoening aan die nasionale bedryfskodes vir beurtkrag en is bekommerd oor moontlike skendings. Die DA vra ‘n ondersoek om te bepaal of die kragvoorsiener opsetlik afwyk van regulasies, en of sulke optrede ‘n uitwerking op verbruikers het. Woordvoerder Samantha Graham-Maré sê nywerheids-kenners wys daarop dat 12-uur beurtkrag per dag in sommige gebiede neerkom op fase agt terwyl Eskom beweer dis fase ses: