Gee geld, ‘dan bou ons genoeg huise’November 28, 2023

Die stedelike- en landelike ontwikkeling-ministerie het vroeër gesê hulle het ‘n agterstand van 30 000 huise wat gebou moet word. ‘n Totaal van 5 000 huise moet jaarliks gebou word vir die regering om die teikens van die Harambee-plan te bereik. In die 2020/21 finansiële jaar is daar egter net 1 179 huise gebou. Die koördineerder van die Namibia Shackdwellers-federasie, Heinrich Amushila, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die behuisingskrisis gepraat, en sê hulle kan 5 000 huise ‘n jaar bou as hulle meer geld kry.