Salah mik na 200 doele vir LiverpoolDecember 1, 2023

Sokker: Die Liverpoolse voorspeler Mohamed Salah kan binnekort sy 200ste doel vir die Engelse klub aanteken. Die Reds het as wenners van Groep E na die uitkloprondes van die Europese Liga deurgedring toe hulle Lask van Oostenryk 4-0 verslaan het. Luis Diaz en Cody Gakpo het vroeg elk ‘n doel aangeteken, waarna Salah se strafdoel sy 199ste vir die klub was. Gakpo het sy tweede doel in beseringstyd aangeteken. Salah kan moontlik Sondag ‘n 200-tal vir Liverpool agter sy naam skryf wanneer hulle as die gashere vir Fulham optree.