N$200 miljoen vir meer onderwysposte ‘reeds bestee’December 1, 2023
’n Groep werklose onderwys-gegradueerdes het ’n betoging in Windhoek gehou waarin hulle onder meer geëis het dat die onderwys-ministerie hulle in diens neem. ‘n Lid van die werklose onderwyserskomitee, Kaundu Jesaya, doen ‘n beroep op die regering om op te tree en werk te lewer. Die groep doen ook ’n beroep op die president om sy belofte van 200 miljoen Namibiese dollar vir bykomende onderwysposte wat tydens die staatsrede in Maart belowe is, na te kom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur in die onderwys-ministerie, Sanet Steenkamp, wat op hul klagtes reageer.