Vragmotor-kapings bedreig bestuurders se lewens: NaretuDecember 16, 2023
Die Namibië Rewolusionêre Vervoer-vakbond, of Naretu, vra dat vragmotor-vervoermaatskappye onmiddellik reddingsplanne in werking stel om hul bestuurders te beskerm. Dit volg op die nuus van toenemende vragmotor-kapings in Suid-Afrika, wat bestuurders se lewens in gevaar stel. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê hulle weet van ‘n hele aantal voorvalle van Namibiese vragmotor-bestuurders wat in die buurland gekaap is. Die bestuurders het in die proses al hul geld en besittings verloor, en Kambinda vra dat maatskappye nie net die vragmotors en vrag verseker nie, maar ook die werknemers. Hy voeg by dat vragmotorbestuurders nie verkeersboetes opgelê behoort te word weens oorlading en voertuigpadwaardigheid nie, maar wel die vragmotoreienaar of trok se lisensie.