Omusati-polisie gerat vir feesseisoenDecember 19, 2023

Vele gesinne sal hul vakansies by familie in die noorde van die land deurbring, terwyl ander na lodges in daardie streke sal gaan om die warmte van die noorde te beleef. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se streekbevelvoerder in die Omusati-streek, kommissaris Ismael Basson, gepraat oor hul voorbereidings vir die feesseisoen en of hulle maatreëls in plek het om inwoners en besoekers aan die gebied te beskerm.