Ministerie werk aan skoolvoedingsprogramDecember 19, 2023

Die skoolvoedingsprogram in Namibië is uiters belangrik omdat ongeveer helfte van die meer as 800 000 skoolgaande kinders in die land staatmaak daarop om ‘n maaltyd ‘n dag te bekom. Daar is uitdagings met die lewering van voedselsoorte en skole sukkel ook om hulle eie tuine op te rig. Die onderwysministerie is tans besig met sy beplanning vir volgende jaar en Kosmos 94.1 het met die adjunk-uitvoerende direkteur Edda Bohn gesels oor uitdagings wat in 2023 met die program ervaar is.