Rekordbrekers Wolvaardt, Brits help Proteas reeks wenDecember 24, 2023

Krieket: ‘n Rekordbrekende aanvangs-vennootskap tussen die Protea-vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, en Tazmin Brits het die Proteas gister op Wilowmoorepark in Benoni gelei tot ‘n oortuigende oorwinning oor Bangladesj. Die Proteas het 316-vir-4 aangeteken terwyl Bangladesj slegs 100 kon aanteken toe hul laaste paaltjie val. Wolfaardt het 126 aangeteken en Brits haar eerste honderdtal, en uiteindelik 118. Die aanvangs-vennootskap van 243 is die hoogste nóg vir die Protea-vroue.