Beserings knou PakistanDecember 25, 2023
Krieket: Pakistan se probleme met beserings word al hoe groter met wegbreker, Abrar Agmed, wat die derde speler word in drie dae wat nie in die tweede toets teen Australië kan speel nie. Ahmed het die nederlaag met 360 lopies in Perth misgeloop omdat hy ongemak met sy been verduur, en het nie voldoende herstel om vanaf Tweede Kersdag in die toets in Melbourne te speel nie. Dit volg nadat nog ʼn draaibouler, Noman Ali, met akute appendisitis in die hospitaal beland het. Snelbouler Khurram Shahzad is nóg ʼn ongeval en kan weens ʼn stresfraktuur in die ribbes nie in die laaste twee toetse speel nie.