Nampol soek steeds na hotelroof, -skietery verdagtesJanuary 3, 2024

Die Namibiese polisie se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het weereens ‘n beroep op die publiek gedoen om te help om die verdagtes op te spoor wat vermoedelik betrokke was by ‘n noodlottige gewapende roof by ‘n Windhoek-hotel in Desember. Die verdagtes ,Martin Shikongo, Steven Dumeni en Ishitile Eddison Aluvilu, wat van moord, roof en ander aanklagte aangekla word, is steeds soek. Hulle vierde makker, wat in die motor gewag het, is agter tralies. Die drie mans het na bewering ‘n hotel in Windhoek binnegegaan en die ontvangsdame genader, twee gewere op haar gerig en gedwing om die kluis oop te maak. Die hotelwerknemer het daarin geslaag om die paniekknoppie te druk, wat ‘n reaksie van die sekuriteitsmaatskappy veroorsaak het. Skote is buite die hotel afgevuur, wat gelei het tot die dood van een van die sekuriteitsbeamptes.