Sudan se RSF-leier ontmoet met RamaphosaJanuary 5, 2024

Die Rapid Support Forces in Sudan se leier, Mohamed Hamdan Dagalo, het president Cyril Ramaphosa in Pretoria ontmoet. Die Rapid Support Forces voer oorlog teen die Sudanese Armed Forces onder Abdel Fattah al-Burhan. Toe die gevegte in Khartoem in April verlede jaar begin het, is dit grootliks beskou as ʼn mafia-stryd oor buit. Dit het egter gou ontaard in Afrika se gewelddadigste en mees verwoestende konflik. Byna 6 miljoen mense is sedertdien ontwortel en 20 persent het uit die land gevlug. Generaal Dagalo het aan Ramaphosa gesê hy is gereed vir vrede en dat die oorlog in sy land moet stop. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya: