VRK teken nog ‘n rekord aan met bywoningJanuary 7, 2024
Die Verenigde Rugbykampioenskap het nóg ʼn rekord opgestel met ʼn nuwe bywoning-syfer vir ʼn enkele ronde. Volgens SuperSport het die 19 703 ondersteuners wat die laaste wedstryd in Ronde 8 Saterdag in Durban bygewoon het, waar die Haaie teen die Leeus gespeel het, die totaal vir die ronde, tot 135 747 geneem. Dit is meer as die syfer van 123 207 wat verlede seisoen in ronde 11 opgestel is. Dit volg nadat ʼn nuwe totale bywoningsrekord van 1,6 mijoen vir die 2022/2023 VRK-seisoen opgestel is, waar ook die grootste skare nóg, die liga se Eindstryd-finaal bygewoon het, naamlik 56 334. ʼn Nuwe rekord van 37,4 miljoen kykers het ook die wedstryde op die skerm gevolg.