Ministerie pak duur pryse vir plaaslike vervaardiging aanJanuary 9, 2024
Die handelsministerie sê prysmededingendheid bly ‘n uitdaging vir Namibië se vervaardigde goedere om winsgewende markte te penetreer. Hoë bedryfskoste, insluitend arbeid, water, grond en elektrisiteit, in teenstelling met goedere uit ander dele van die wêreld, soos goedkoper Asiatiese markte, maak ons produkte duur. Daarom het die ministerie begin met die ontwikkeling van ‘n Nasionale Uitvoerbevorderingstrategie. Volgens die ministerie se woordvoerder, Elijah Mukobonda, sal die strategie ‘n riglyn vir die verbetering van uitvoerprestasie en internasionale mededingendheid vir Namibiese produkte daarstel. Die vryhandel-ooreenkoms sowel as die talle ander handelsooreenkomste sal ook onder die loep kom met die strategie.